Die Beste Seleksie Hulpmiddel 

Laat in die laaste eeu het ons die destydse SA Stamboek “ma en pa sertifikaat” met ons eie moderne vyf-generasie prestasie sertifikaat vervang. Hierdie stuk papier is van groot waarde wanneer seleksie besluite geneem word:

  1. Objektiewe prestasie inligting van duisende Simmentalers tesame met uitgebreide stamboom skakels, gekoppel aan moderne rekenaar tegnologie, stel ons in staat om prestasie in ‘n waardevolle syfer, genoem beraamde teelwaarde, uit te druk. Die teelwaarde is die beste beraming van die genetika wat ‘n dier aan sy nageslag sal oordra. Ons wil tog weet hoe die nageslag presteer en nie hoe verskillend twee bulle lyk nie. Die teelwaardes staan op elke sertifikaat en in veilingskatalogusse. Dring dus aan op die prestasie sertifikaat!

  2. Kopers besluit op ‘n Simmentaler met die doel om vasgeteelde raskenmerke, soos byvoorbeeld melk, aan die koeikudde oor te dra. Ons vyf-generasie prestasie sertifikaat is die beste bewys van ras suiwerheid. Dring dus daarop aan!

  3. Die sertifikaat van ‘n Simmentaler word nie net met suiwerheid ge-assosieer nie. Sedert die telersgenootskap gestig is, word ‘n sertifikaat alleenlik aan diere uitgereik wat die visuele evaluering of inspeksie van die raskenner slaag. Diere wat nie aan die vereistes voldoen nie, ontvang nie ‘n sertifikaat nie en hulle sowel as hul nageslag word nooit geregistreer nie. Die Simmentaler prestasie sertifikaat is die bewys dat die dier en al sy voorgeslag aan dié standaarde voldoen het. Dring dus aan op die prestasie sertifikaat!

  4. Die land van oorsprong, ooglidpigment, poena faktor en uiters belangrike elite of sterkoei toekennings word ook op die vyf-generasie prestasie sertifikaat gelys. Dring dus daarop aan!

 

PAGE UPDATED:  04/02/2006

Die Simmentaler Beestelersgenootskap van Suidelike Afrika

2003 - 2007

W3Counter Web Stats