Prestasietoetsing 

 

Die Genootskap se belangrikste doelstelling is om sy telers van ‘n veelomvattende self-finansierende diens te voorsien wat met die beste in die węreld vergelykbaar is en dit teen lokale-markverwante pryse. Naas die welbekende kuddeboek sisteem, voorligtingsdienste, jaarlikse plaasbesoek en die ander bekende Sim-dienste bied ons węreld erkende prestasietoetsdienste. (CP Massmann).

Deur middel van die intergrasie van ons Genootskap se moderne stamboom en inspeksie stelsels met die węreld se mees gevorderde vleisbees genetiese evaluasie stelsel nl. BREEDPLAN International word teelwaardes (TW’s) beraam vir ‘n reeks belangrike eienskappe en aan telers beskikbaar gestel.  Vergelykings gebaseer op gewigte en/of indekse is geskiedenis en word nie vir moderne veeteelt aanbeveel nie.

 

WAT IS TW’S

“Seleksie gebaseer op TW’s is 5 tot 9 keer meer akkuraat as seleksie gebaseer op prestasie indekse.” (Dr J Cowley, VSA).

Wanneer u na ‘n bul kyk, word die grootste gedeelte van wat u sien deur die omgewing beheer (voedsel, bestuur, weersomstandighede, ens.) en die kleiner gedeelte word aan genetika toegeskryf.  Dit is slegs die genetiese komponent wat na sy nageslag oorgedra word.  Ons kan egter nie hierdie genetiese komponent afsonderlik van die omgewing se invloed sien nie en daarom kan ons nie sę:

Die TW’s is die genetiese meriete van ‘n dier en daarom word seleksie węreldwyd hoofsaaklik op TW’s.  TW’s word in meetbare eenhede (kg) uitgedruk en as  + of  - teenoor die ras gemiddelde aangedui.

 

HOE KRY EK TW’S VIR MY STOET & KOMMERSIËLE DIERE?

A.

Dien geboortekennisgewings (GK) in een klomp in wanneer die oudste kalf ongeveer drie maande

 

oud is en sluit  dooie en uitskot kalwers in – dus maksimaal 4 X per jaar.  Voltooi die volgende indien akkuraat bepaalbaar:

     
  Kalwingsgemak kode indien korrek waargeneem vir ALLE kalwings (verwys [1] hieronder –
    word sterk aanbeveel).
  Geboortegewig bepaal binne 24 uur na geboorte – moenie die geboortegewig raai nie - weeg
    ALLE kalwers korrek of weeg glad nie (verwys [2]  onder).
  Bestuursgroepkode letter indien kalwing deur voor-geboorte bestuur van moeder beďnvloed was
    (verwys [3])
  Die pigment kodes (verwys [4]) indien u in teelwaardes belangstel.
   
B.

Deelnemende kuddes ontvang ‘n 200 dae weeglys van die kantoor.  Weeg ALLE kalwers op die lys

 

(insluitende uitskot/kommersieël) tussen 80 en 300 dae oud as grootste moontlike groep saam.  Hou die groep wat u weeg so groot as moontlik.  Weging van moeders is nie verpligtend nie maar word sterk aanbeveel.

   
C. Addisionele voorafgedrukte lyste vir 400 dae gewig (tussen 300 en 500 dae) en/of 600 dae gewig
 

tussen (500 en 900 dae) is op versoek beskikbaar.  Ons beveel aan dat u ook skrotum omvang van alle bulle tussen 350 tot 500 dae meet en op die 400 dae weeglys voltooi – meetstokke is van Fred en Flaf beskikbaar.

 

VOORDELE VAN WEEG

 

DEELNAME & KOSTE

Die beste en goedkoopste stelsel in Suidelike Afrika teen net R225 per jaar vir ‘n kudde van 100 – geen intreefooi.  Minimum kalwings per jaar vir deelname:  Indien een “3-4 maande teelseisoen” = 10 kalwers en indien geen teelseisoen = 30 kalwers per jaar.  Meet ten minste 200 dae speen.

-------------------- o0o --------------------

MEER INLIGTING OOR BOVERMELDE

(1)  Kalwingsgemak
(Kodes:  Geboorte sonder hulp, geringe hulp, ernstige moeilikheid en keisersnee).

Hierdie kodes op die geboortekennisgewing word vir gemak van kalwing TW’s gebruik en is belangrik.  Wees so akkuraat as moontlik – moenie raai nie en teken ALLE kalwers aan, nie slegs moeilike of maklike geboortes nie.

Indien u u vroulike diere op ‘n gereelde basis sien (d.w.s. daagliks) is dit redelik om te aanvaar dat ‘n koei wat sonder hulp tussen besoeke kalf, as “sonder hulp” (geen probleme) beskou kan word alhoewel u nie tydens die kalwing teenwoordig was nie.

Indien kalwing deur die voor-geboorte bestuur van die moeder beďnvloed was, skryf ‘n bestuursgroepkode (verwys [3]) in langs die geboortegewig of gemak van kalwing kode (bv. 09/A) of in Kolom 11 van die nuwe Geboorte Boek.

(2)  Geboortegewig

Węreldwye navorsing het bewys dat geboortegewig die grootste invloed op kalwingsgemak het – hoe swaarder hoe meer kalwingsprobleme.  Alhoewel individuele geboortegewigte as ‘n riglyn gebruik kan word, is BREEDPLAN geboortegewig TW’s baie beter voorspellers van kalfprobleme aangesien hulle data van verskillende bronne kombineer.  Namate die bul meer nageslag verwek, verbeter die akkuraatheid van sy TW en is sy individuele geboortegewig van geringe betekenis.

Moenie raai wat die geboortegewig is nie – weeg ALLE kalwers noukeurig binne 24 uur na geboorte of weeg glad nie.  Sonder ‘n werklike geboortegewig, sal die TW laer akkuraat wees en alleenlik op speengewig gebaseer wees.

Indien die geboortegewig deur die voor-geboorte bestuur van die moeder beďnvloed was (skou, siek, vervoer, ens.) moet ‘n bestuursgroepkode letter langs die geboortegewig, kalwingskode of Kolom 11 (nuwe vorms) ingevul word (verwys [3]).

(3)  Bestuursgroepe

Dit is een van die belangrikste aspekte van BREEDPLAN prestasietoetsing.  ‘n Bestuursgroep is ‘n groep diere wat dieselfde behandeling ontvang het en dus dieselfde kanse het om te presteer.

Diere wat aan verskillende behandeling of bestuur onderwerp was, wat ‘n invloed op die gewig mag hę, moet met verskillende bestuursgroepkodes* voorsien word sodat hulle nie direk met mekaar vergelyk word in die analise nie.  Voorbeelde:  voor-geboorte bestuur van moeder (siek, skou, ens.) affekteer kalf se geboortegewig/kalwingskode; kalf se speengewig beďnvloed deurdat moeder gemelk is; sekere diere in ‘n weeggroep vir skou of veiling gevoer; betekenisvolle verskille in voeding/weiding wat die gewig beďnvloed. Bestuursgroepering word nie vir geslag, tweelinge, ouderdom en koei status (koei/vers) benodig nie aangesien die rekenaar dit hanteer.

* Voltooi letters van u eie keuse (van A tot Z) op die geboortekennisgewing en gewiglys bv. M = moeder van kalf gemelk, S = moeder van kalf voor geboorte vir skou gevoer, K = gewig van dier deur siekte beďnvloed ens. Indien geen bestuursgroep letter ingevul word nie, word aanvaar dat alle diere in ‘n weeggroep dieselfde behandeling ontvang het.

(4)  Ooglidpigment

Simmentaler telers wat in pigment TW’s belangstel moet ALLE kalwers se oë onafhanklik van mekaar by geboorte as volg klassifiseer:

Kode 1  =

Minder as 50% van die ooglede (boonste en onderste as eenheid gesien) is gepigmenteer.

Kode 2  =

Meer as 50% van die ooglede is gepigmenteer.

Kode 3  =

Meer as 50% van die ooglede is oordek met brille.

Hierdie kodes word as 1/2, 3/3, ens. enige plek op die geboortekennisgewing aangedui (nuwe Geboorte Boek veld 14).  Nader die kantoor vir ‘n skets of sien bl.71 van die 2003 Simmentaler Joernaal.

-------------------- o0o --------------------

VRUGBAARHEID STEEDS NR. 1

By enige teelstelsel, hetsy ‘n ekstensiewe of intensiewe kommersiële of stoetteling sisteem, het REPRODUKSIE ‘n groter invloed op inkomste as groeitempo of enige ander eienskap.  Die SIMPRO (SIMmentaler rePROduksie) stelsel behels ‘n omvangryke verslag van reproduksie en teling kriteria van alle vroulike diere wat jaarliks binne kuddeverband deur die Tegniese Adviseur en eienaar analiseer word.  Simpro gebaseerde seleksie ...

Simpro lyste is gratis beskikbaar per e-pos of met die jaarlikse besoek van die Rasadviseur.

Indien u wil aansluit lees die BLUP Handleiding

© CP MASSMANN, Januarie 2006

 

PAGE UPDATED:  06/02/2006

Die Simmentaler Beestelersgenootskap van Suidelike Afrika

2003 - 2007

W3Counter Web Stats