Korrekte Aantekening 

Hoe beter die aantekening, hoe NOUKEURIGER die teelwaardes

Die direkte vergelyking van slegs dié diere wat enerse behandeling ontvang het, is een van die belangrikste aspekte van BREEDPLAN.  Hierdie eners-behandelde groepe, staan bekend as bestuursgroepe.  As bestuursgroepe nie korrek aangemeld is nie, sal teelwaardes (TWs) minder akkuraat en moontlik misleidend wees.  Dit is ook belangrik om seker te maak dat gewigte van al die diere in ‘n groep ingedien word. 

 

1. Deel diere in verskillende groepe in waar hulle verskillend behandel word.  Wees egter
  versigtig om nie onnodige bestuursgroepe te skep nie, aangesien dit in stryd is met punt 2.
   
2. Hou groepe so groot as moontlik. Groter groepe verskaf meer inligting vir TW-berekenings.
   
3. Vestig stamboomkoppelings.  Dit kan verwesenlik word deur te verseker dat twee of meer vaars
  in elke bestuursgroep verteenwoordig is. Hoe meer, hoe betroubaarder is die TWs.

Outomatiese groepering deur BREEDPLAN sluit in geslag,ouderdom,enkel/tweeling en embrio.

 

PAGE UPDATED: 

Die Simmentaler Beestelersgenootskap van Suidelike Afrika

2003 - 2007

W3Counter Web Stats