|
“Teel en ontwikkel iets voortreflik” |
REGISTRASIE AS TELER
Om geregistreerde Simmenalers (en/of Simbra’s) te teel is dit nodig om lid te word van “Die Simmentaler/Simbra Beestelersgenootskap van Suidelike Afrika”. Dit is ‘n nie-winsgewende diensorganisasie wat die registrasie, keuring, rasbevordering, prestasietoetsing en alle verwante aangeleenthede vir Simmentaler en Simbra telers in ‘n paar lande hanteer.
KYK WAT DEELNAME U BIED
‘n Jaarlikse besoek deur ‘n gekwalifiseerde Rasadviseur;
geleentheid om iets beter te teel;
verkoop van diere by amptelike rasveilings;
skou van bees;
vyf-generasie stamboom met prestasie rekords;
jaarlikse reproduksie analise van koeikudde (eliminasie van geldvreter koeie);
die węreld se mees gevorderde vleisbeesprestasietoetsstelsel genaamd BREEDPLAN INTERNATIONAL;
gratis prestasietoetsing van kommersiële diere met geregistreerde vaders;
hulp met teelprogramme;
seleksie van bulle;
geleentheid om twee rasse teen die koste van een lidmaatskap te teel;
die populęre “Jaarblad” en leersame “Die Register”.
Dit kom nie daarop aan hoeveel diere ‘n nuwe lid besit nie, of dit een of honderd is, maak geen verskil nie, almal is ewe welkom! Inderwaarheid, u kan aansluit sonder dat u diere aankoop deur graadkoeie vir registrasie voor te stel.
Skakel ons vir ‘n aansoekvorm, die kostestruktuur en registrasie van ‘n kuddenaam.
WATTER KUDDEBOEK BESTAAN?
Ons gebruik ‘n oop Kuddeboek en verwelkom die opname van graad Simmentaler koeie. Die Kuddeboek bestaan uit:
Hulpstamboek A:
Graad Simmentaler vroulike diere goedgekeur deur die Rasadviseur (besonderhede
van ouers en geboortedatum word nie benodig nie).
Hulpstamboek B:
Vroulike nageslag van ‘n geregistreerde bul en ‘n A koei.
Volgeregistreerd: Nageslag van ‘n geregistreerde bul en ‘n B of vol geregistreerde koei.
HOE REGISTREER EK DIERE?
Kalwers word d.m.v.
‘n geboortekennisgewingvorm of rekenaarprogram aangemeld en deur
oortatoeëering geďdentifiseer. Nadat die besonderhede gekontroleer is word ‘n
kalfboek sertifikaat (geel) uitgereik wat by keuring (van 1-3 jaar oud) aan
die Rasadviseur oorhandig moet word. Die kalfboek sertifikaat van afgekeurde
diere word gekanselleer en vir goedgekeurde diere word ‘n nuwe
registrasiesertifikaat
(wit)
uitgereik.
Indien diere verkoop
word, vrek, geprul of geslag word, moet die sertifikaat aan die kantoor
gestuur word vir oordrag aan die nuwe eienaar of vir kansellasie.
‘n Eenvoudige, maar doeltreffende stelsel met minimum skryfwerk.
Vir baie telers is hierdie jaarlikse besoek die belangrikste diens. Dit is veral ingestel op aspekte wat tot finansiële voordeel van die teler strek.
Keuring is al sedert die stigting van die telersgenootskap ‘n voorvereiste vir registrasie, m.a.w. ‘n registrasiesertifikaat word alleenlik uitgereik indien die dier en sy ouers goedgekeur is. Keuring geskied volgens produksie georiënteerde standaarde wat van tyd tot tyd by die jongste verbruikersbehoeftes aangepas word. Alleenlik geakrediteerde Rasadviseurs en, in uitsonderlike gevalle, amptelike beoordelaars mag diere keur. Vir goedgekeurde diere word ‘n registrasiesertifikaat uitgereik en afgekeurde diere word in die kuddeboek geskrap. Tydens keuring word die dier ook deur die Rasadviseur gepunt en telers kry die geleentheid om stoetteel-aangeleenthede op persoonlike vlak met hom te bespreek.
Die SIMmentaler rePROduksie (SIMPRO) verslag en analise is uniek. Hierdie stelsel behels die kritiese ontleding deur die Rasadviseur en eienaar van ‘n aantal reproduksie maatstawwe van vroulike diere binne kuddeverband (omgewing). Simpro meet koeie se aanpasbaarheid, bepaal die korrekte koeigrootte, identifiseer die goeie teelkoeie, verleen administratiewe hulp en kan die teler duisende Rande spaar.
Die Rasadviseur ontleed ook die teelwaardes van die kudde binne rasverband en gee waardevolle raad.
Ander aspekte wat aangespreek word is advies met die seleksie van KI en ander privaat bulle, identifisering van top koeie op grond van teelwaardes en voorkoms, aankoop/verkoop van diere en ander dienste.
Die plaasbesoek, ultra moderne registrasie-stelsel, węreldwyd erkende vleisbeesprestasiestelsel en ander uithaler dienste kos die gemiddelde teler die prys van 1˝ uitskot speenkalwers per jaar.
|
DIE TELERSGENOOTSKAP SE MIKPUNT IS NIE ALLEEN OM NUWE LEDE TE WERF NIE, MAAR OM HULLE D.M.V. GOEIE DIENSVERSKAFFING TE BEHOU EN HULLE KUDDES TE VERBETER. |
PAGE
UPDATED:
06/02/2006
Die Simmentaler Beestelersgenootskap van Suidelike Afrika
2003 - 2007